Ons visie
Ons visie is om u kind ‘n vriendelike, liefdevolle en veilige omgewing te bied om te leer, te groei en te ontwikkel. Ons is n Christelik-gebasseerde skool en ons kinders floreer omdat hulle goed gegrond is, gelief en waardeer word vir wie hulle is. Ons weet dat u as ouers die eerste en belangrikste opvoeders in u kind se lewe is, daarom is ‘n suksesvolle vennootskap tussen Klein Klitsies en ouers van die allergrootste belang.
Ons waardes
Ons waardes is eenvoudig en aan die wortel van alles wat ons doen, wees lief vir Jesus en lief vir mekaar!

