Ons personeel

Kom ontmoet ons span

Ontmoet die eienaar

My naam is Cadi en ek is mamma van 3 pragtige kinders. Lauren en my tweeling, Janice en Johan. 

In 2020 het die Here dit op my hart gesit om ‘n kleuterskool oop te maak.  Met die ondersteuning van my wonderlike man, en familie, het ons Klein Klitsies oorgekoop. In Januarie 2021, maak ons oop as Klein Klitsie Akademie. 

Die laaste 5 jaar is ek verstom en so nederig dat my ouers my vertrou om altyd my beste te gee om te verseker dat hulle kinders gelukkige, goed gebalanseerder klein mensies kan wees. 

My wens vir elke Klein Klitsie is om n liefde vir leer en die vermoë om op  sosiale vlak te kommunikeer, by hulle te kweek en hulle die veiligheid te bied om te weet dat hulle spesiaal en geliefd is, elkeen in hul eie reg.

Baie liefde
Cadi-Lee Vercuiel

Rowena
Rowena Petro

Rowena Petro

My naam is Rowena. Ek is 27 jaar oud en verjaar 8 Desember. Ek is al 5 jaar getroud en het ‘n pragtige seuntjie. Ek geniet dit om deel van die Klein Klitsie span te wees. Juffrou wees is my passie en kan nie wag om al my nuwe maatjies te ontmoet nie. Ek wil hê jy moet weet in my klaskamer sal jy liefde voel, gekoester word en belangrik wees. Jy sal leer, groei en floreer. I look forward to seeing all your smiling faces.

Wilmare
Wilmaré Arendse

Wilmaré Arendse

My naam Wilmaré en ek is ‘n 21 jarige dame wat tans besig is om te studeer vir my graad in sielkunde. My droom is om ‘n opvoedkundige sielkundige te word. Ek wil hulp verleen aan kinders asook hul ouers, ten einde ‘n verskeidenheid van huishoudelike probleme, asook uitdagings te oorbrug. My liefde vir kinders het ontwikkel by my vorige assistent werk.  Dit het my groot vreugde gebring om te sien hoe ‘n leerder akademies groei en presteer. Om n goeie impak te maak in ‘n kind se lewe, is waarna ek, as individu strewe.

Bridgette
Bridgette Fredericks

Bridgette Fredericks

My naam is Bridgette Fredericks Woonagtig op Piket Bo Berg, Achtervlei plaas. Ek geniet dit om te sing en ook in die natuur te stap.  Ek glo daarin om altyd vriendelik te wees ,want dit kos jou niks om te glimlag en iemand se dag te maak. Elke kind is vir my spesiaal en ek geniet dit om te sien hoe hulle elkeen op verskillende stadiums groei. Dit is my droom om elke dag op te staan om elke kind gelukkig te maak. Die Here het vir ons elkeen ‘n pragtige deel afgemeet, en myne is om met kinders te werk.

Stefni
Stefni Linnerd

Stefni Linnerd

My naam is Stefni Linnerd. Ek is 20 jaar oud en is tans besig om te studeer by West Coast College. Ek het ‘n groot liefde vir kinders en my doel is om ‘n verskil te maak in hul lewens, hulle te koester, te ondersteun en lief te hê.  Dit is altyd lekker om te sien hoe elkeen emosioneel en fisies groei. Ek belowe dat julle kinders veilig sal wees en is kinderlik opgewonde om al die nuwe maatjies te ontmoet.

Elmiena
Elmiena van Rooyen

Elmiena van Rooyen

My naam is Elmiena van Rooyen, ek is 37 jaar oud en verjaar op 14 Maart. Almal noem my sommer “Miena”. Ek is ‘n mamma van 3 pragtige kinders. Ek is al amper 2 jaar by Klein Klitsies en is huidiglik ‘n klas assistent. Ek het begin as n kok en skoonmaker en is baie dankbaar vir die geleentheid wat Cadi my gegee het en die potensiaal wat sy in my gesien het. Ek het ‘n passie om met kinders te werk en sien uit om elke dag te gaan werk. Die liefde en drukkies en “ek is lief vir jou tannie” is die beste gevoel ooit.

Davine
Davine Nyssen

Davine Nyssen

My naam is Davine Nyssen. Ek is 25 jaar oud. Ek is ‘n mamma van twee pragtige dogtertjies vir wie ek onsettend baie lief is. Ek is al 2 jaar by Klein Klitsie Akademie en geniet dit om deel te wees van so ‘n wonderlike skool. Ek het n passie vir kinders en sien baie uit om al my Klein Klitsies te ontmoet. Ek belowe dat julle kinders baie liefde en pret sal ervaar in my klas.

Shené
Shené Erasmus

Shené Erasmus

My naam is Shené en ek is besig met my level 4 ECD kwalifikasie. Ek is ‘n toegewyde en entoesiastiese assistent met n liefde vir vroë kinderontwikkeling. My doel is om ‘n velige, stimulerende en liefdevolle leeromgewing te skep waar elke Klein Klitsie-maatjie met selfvertroue kan groei en ontdek. Ek bring geduld, warmte en ‘n opregte omgee vir elke kind in my sorg.

Irma
Irma Ludick

Irma Ludick

My naam is Irma Ludick en ek is 29 jaar oud en verjaar 16 Augustus. Ek is getroud met ‘n wonderlike man en is ‘n mamma van ‘n pragtige dogtertjie. Ek is onsettend baie lief vir my gesin. Ek het einde 2023 my level 5 ECD kwalifikasie verwerf. Ek is so opgewonde om deel van Klein Klitsies span te wees. Ek het ‘n groot liefde vir kinders en is hier om ‘n verskil in jul blommetjies se lewens te maak. Ek kan julle verseker jul kinders is in veilige hande, en sal baie liefde, aandag en die nodige leersame ontwikkeling ontvang. Kan nie wag om julle te ontmoet nie!

Elmarize Goliath
Elmarize Goliath

Elmarize Goliath

My naam is Elmarize, noem my sommer Tannie Elmie. Ek is ‘n mamma van 2 wonderlike kinders. Ek hou van lag, gesels en het baie geduld.  My liefde vir kinderontwikkeling het onstaan tydens my aflos by Klein Klitsie Akademie en beoog om 2026 te registreer om my ECD kwalifikasie te verwerf. My doel is om ‘n positiewe, veilige en liefdevolle omgewing te skep vir ons Klein Klitsies. Ek glo jy blom waar jy geplant is.

Amy Klaase

Amy Klaase

My naam is Amy en ek sien myself as ‘n vriendelike en toegewyde persoon wat daarvan hou om  met kinders te werk. Ek is tans ‘n klas-assistent by Klein Klitsie. Ek geniet dit om die kinders te help leer en groei. Ek geniet dit om kreatief te wes, musiek te luister en tyd saam met my familie te spandeer. Ek hou daarvan om ‘n positiewe omgewing te skep vir die kinders.

Anja van Zyl
Anja van Zyl

Anja van Zyl

My naam is Anja van Zyl. Ek kom oorspronklik van Robertson af, maar woon al amper 6 jaar in Piketberg. Van jongs af het ek my passie en liefde om met kinders te werk ontdek, en ek het nog altyd geweet dit is die roeping wat ek wil volg.  Ek is gebore en grootgemaak op ‘n plaas wat my ‘n groot liefde vir die plaaslewe en sy waardes gegee het. Ek het ‘n volle kwalifikasie in Kleuterskool ontwikkeling en sien baie daarna uit om elke kleintjie in my klas te leer ken en hulle te help groei en ontwikkel. Ek glo in ‘n veilige, liefdevolle leeromgewing waar elke kind waardevol voel.

Elmarize Goliath

My naam is Elmarize, maar noem my sommer Tannie Elmie. Ek is ‘n mamma van 2 wonderlike kinders. Ek hou van lag, gesels en het baie geduld. My liefde vir kinderontwikkeling het ontstaan tydens my aflos by Klein Klitsie Akademie en beoog om in 2026 te registreer om my ECD kwalifikasie te verwerf.  My doel is om n veilige en liefdevolle omgewing te skep vir ons Klein Klitsies. Ek glo jy blom waar jy geplant is.

Annalize
Annalize van Rooyen

Annalize van Rooyen

My naam is Annalize, gebore in Piketberg. Ek is ‘n mamma van 3 kinders. My werk by Klein Klitsies is om al die maatjies se magies te vul. My hart wil bars as die maatjies my so bedank vir die lekker kos wat hulle kry. Ek doen dit met liefde.  Ek geniet dit baie om kos te maak, boeke te lees en tussen kindertjies te wees. My doel vir 2024 is om vir my Klein Klitsies nog lekkerder kos te maak.