wat sê ons ouers?
hoor self hoekom klein klitsie akademie die beste is
‘n Klein Klitsies Akademie se omhelsing, waar sagte harte hul plek vind. Kinders leer om in genade te wandel, en onder die hemel se warm omhelsing. In hierdie hawe blom en groei hulle, en word gevoed deur liefde. Die kern van deel, die ritme van vloei, in elke lag saai saad van vriendelikheid. Van groente groen tot hartige vleis, Hul borde gevul met gesonde bederf, Gevoede liggame, gedagtes voltooi, In hierdie heiligdom trek vrese terug. Cadi-Lee en span, engele in vermomming, Met omgee-harte en wakende oë. Lei hierdie siele om die lug te bereik, In Klein Klitsies, waar liefde nooit sterf nie.
Corlene
Ouer
As Ouers is ons baie tevrede met Klein Klitsies. Ons voel gerus in ons werke met die wete ons kind is in ‘n veilige omgewing waar sy baie vaardighede aanleer soos mense verhoudinge en Interaksie met haar maats ons kan sien hoe sy groei en hoe sy terugvoering kan gee oor dit wat sy leer. Sy is baie gelukkig om elke dag haar juffrouens te sien want sy ontvang baie liefde. En dit laat ons as ouers se harte baie warm voel. Terloops…die 3 maaltye maak dit maklik vir ‘n mamma wat nog moet gaan werk. Jy hoef nie oor jou voete te val oor wat die kind moet insit vir ete nie en die feit dat hulle dieselfde kos geniet is ook Wonderlik!
Rachelle
Ouer
Klein Klitsies is n groot seëning in ons lewe. My dogtertjie is so lief vir haar juffrouens en maaitjies. Sy het so baie gegroei en selfvertroue ontwikkel vandat sy daar is. Cadi en haar span gee so baie om vir die kleintjies en hulle liefde vir hulle straal elke dag. Baie dankie dat ek myne met n geruste hart in julle sorg kan plaas. ONS LIEF JULLE OP
Chantel
Ouer
Goeiemore Klein Klitsies opvoeders en maatjies , Kleinklitsies is n veilige tuiste vir ons kinders en die opvoeders is briljant. Hou aan met jul uitstekende werk
Rachelle
Ouer
As ek aan Klein Klitsies dink, kom al die kindertjies se lag gesiggies heel eerste by my op waar hulle saam met juffrouens buite speel. Soos ek om die draai stap hoor ek al die giggeltjies en opgewondenheid en dit maak n mamma hart bly, want dan weet jy, jou kindjie is gelukkig daar! Ons het 3 jaar gelede hierheen verhuis en ons het ons seuntjie by Klein Klitsies ingeskryf, dadelik het hulle hom onder hul vlerk geneem en elke Juffrou het vir hom onvoorwaardelike liefde en aandag gegee na die groot skuif. Ek is elke dag dankbaar vir ons skooltjie, mens sien die liefde wat daar ingaan en ook die Christelike beginsels wat daar toegepas word! Ons is dankbaar vir Cadi en haar span, julle is die beste!❤
Nita Pascoal
Ouer

